DEBUUT

R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R200 (by die deur)

Afrikaans • Geen o.13 T • 90 min.

Laerskool Van Reedesaal (Hoogstraat)

Datum(s)

2 April 2025, 19:30

3 April 2025, 09:30

5 April 2025, 13:00

6 April 2025, 16:30

‘KUNS’

MET Wessel Pretorius, Ludwig Binge en Wilhelm van der Walt TEKS Yasmina Reza VERTALING Naómi Morgan OORSPRONKLIKE TITEL Art REGIE EN ONTWERP Marthinus Basson BELIGTINGSONTWERP EN VERHOOGBESTUURDER Nicolaas de Jongh VERVAARDIGER KKNK

’n KKNK-produksie, ondersteun deur NATi.

Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is. Die vriendskap van drie jare lange vriende – Serge, Marc en Yvan – word tot die uiterste beproef wanneer Serge ’n groot, duur skildery koop. Uiteenlopende menings oor Serge se kopie kring gou veel wyer uit as bloot net ’n waardeoordeel oor kuns. Yasmina Reza, een van die mees gevierde kontemporêre Franse dramaturge, se vlymskerp Art is een van die suksesvolste komedies in eietydse teater, wat in 20 tale vertaal is en talle pryse gewen het, onder meer ’n Laurence Olivier- en ’n Tony-prys.

Lus vir iets anders?

Joe Barber 25

Die ikoniese Joe Barber is 25! Om hierdie herdenking te vier, keer die span agter...

Marc Eugene Lottering

Marc Eugene Lottering is Marc Lottering se jongste solovertoning. Hy deel persoonlike stories met die...

Marion Monroe

Marion Holm is reeds vir 21 jaar ’n gunsteling onder KKNK-gehore sedert haar eerste eenvrouvertoning,...

Hospitale, kateters en familielede

Gedeelde badkamers. Alewige geraas. Buisligte wat permanent brand. Skerp reuke wat ander reuke probeer verdoesel....