R100 (vooraf) • R95 (Vriende van die KKNK) • R115 (by die deur)

Veeltalig • Geen o.13 OB • 60 min.

Toekomsrussaal (Zebraweg)

Datum(s)

2 April 2025, 20:00

3 April 2025, 20:00

4 April 2025, 20:00

5 April 2025, 20:00

Kroon en konfetti

MET Cheshire Vineyard en Karoo Kaarte-deelnemers TEKS Tiffany Witbooi en Neil Coppen, met ondersteuning van Karoo Kaarte se navorsingspan, in samewerking met Cheshire Vineyard, die Distrik Ses-museum en GALA Queer Archive REGIE Neil Coppen

’n KKNK-projek, ondersteun deur die NLC, Jannie Mouton-stigting, Het Jan Marais Nationale Fonds en die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport. In samewerking met GALA, die Distrik Ses-museum, die Goethe-Institut South Africa as deel van die Goethe-Institut Project Space (GPS).

Hierdie eksperimentele teaterstuk kombineer drie kragtige elemente: Kewpie se lewe en nalatenskap as danser en kunstenaar, die ryk kultuur van Oudtshoorn se skoonheidskompetisies – plaaslik bekend as “models”, en die persoonlike verhale wat uit meer as 25 mondelinge vertellings uit die plaaslike queer gemeenskap versamel is. Die produksie ondersoek hoe hierdie elemente mekaar aanvul, en so word ’n dinamiese storie van identiteit, uithouvermoë en ’n gemeenskap onthul. Gegrond op die baldanskultuur, bied Kewpie se storie ’n ideale basis vir hierdie opvoering. Die insluiting van Oudtshoorn se unieke skoonheidskompetisiekultuur en die ware ervarings van die plaaslike queer gemeenskap, verryk die produksie en skep ’n diep, uitdagende voorstelling van die queer-lewe in die Karoo. ’n Uitstalling, Kiki, word saam met die produksie aangebied.

Lus vir iets anders?

Annie+Helen

In 1887 ontmoet Annie Sullivan en Helen Keller mekaar – ’n ontmoeting wat hul lewens...

KG Mokgadi: Weighing In – The Aftermath

Maak gereed vir iets om oor te lag met Kekkelkliniek se reeks stand-up-vertonings. Die Kanna-benoemde...

Magda Louw: ’n Les in kletterkunde

Magda Louw: ’n Les in kletterkunde se twee vertonings in die Gimsaal is uitverkoop (2...

Double Trouble: Bettie innie selle en Chronicles vannie Lavis

Twee vir die prys van een! Bettie innie selle MET Dean John Smith TEKS Dean...

AF