R195 (vooraf) • R180 (Vriende van die KKNK) • R210 (by die deur)

Afrikaans • Geen o.13 T • 70 min.

SANW-ouditorium (Parkweg)

Datum(s)

4 April 2025, 19:30

Mamma se groot seun

MET Schalk Bezuidenhout VERVAARDIGER Erns Grundling

Schalk Bezuidenhout was voor die Covid-19-pandemie laas by die KKNK. Maar mense, Schalk raak soos die goeie rooiwyn wat hy graag drink: Al hoe beter met die jare wat verbygaan. En snaakser. So wees lekker en koop betyds ’n kaartjie en trakteer jou lagspiere (dit sit glo in jou maag, toe ons laas gekyk het) in die geselskap van een van Suid-Afrika, ag sommer Afrika én die wêreld, se topkomediante. As jy Schalk nog net op Instagram gesien “headbang” het terwyl hy sê “Feeling good, feeling positive!” is jy in vir ’n ding: Schalk is baie snaakser op die verhoog. Hy is op 32 steeds mooi en nou ook volwasse. Noem hom sommer mamma se groot seun. Weens die Covid-19-pandemie en verskeie oorsese verpligtinge, het hy die KKNK vir jare lank misgeloop, en hy mis die fees. Dit is tog die plek waar hy in 2015 vir die eerste keer ’n Afrikaanse eenmanvertoning aangebied het. En in 2025 is dit tien jaar later.

Lus vir iets anders?

Ont-

Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed. Die Verteller staan...

‘KUNS’

Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van...

Öh

Vir die bejaarde Mohn, ’n persoonlike sjef, is die kombuis die plek waar hulle volkome...

Kruispad, of die legende van die goue vis

’n Jong paartjie, Roland en Laura, klop een wintersnag aan by die huis van ’n...