DEBUUT

R225 (vooraf) • R205 (Vriende van die KKNK) • R245 (by die deur)

Afrikaans • Geen o.16 G, S • 60 min.

Laerskool Van Reedesaal (Hoogstraat)

Datum(s)

1 April 2025, 18:00

2 April 2025, 09:30

3 April 2025, 14:00

4 April 2025, 17:30

Moedswil en muitery

MET Albert Pretorius, Brendon Daniels, Nicole Holm en Dean John Smith TEKS Ingrid Winterbach REGIE EN ONTWERP Tinarie van Wyk Loots VERHOOG- EN PRODUKSIEBESTUURDER Cole Wessels VERVAARDIGER KKNK

’n Ko-produksie van die KKNK en die Toyota Stellenbosch Woordfees, ondersteun deur NATi.

Die Hertzog-bekroonde skrywer Ingrid Winterbach bied in haar jongste teaterstuk ’n oneerbiedige blik op die Suid-Afrikaanse geskiedenis, kolonialisme, ontbering en privaat plesiertjies. J.R. en sy vrou, Maria, is per skip op pad na die Kaap om ’n verversingstasie te vestig. Blussing-Fermaak, ’n verstekeling op die skip, dreig om die sending te kaap en die skip na die Kongo te neem om van daar met slawe handel te dryf, of dalk ’n kruidenierskettingwinkel te open. Teatergangers kan hulle gereed maak vir ’n drama waarin alles nie altyd is wat dit voorgee om te wees nie. Met Winterbach se eiesoortige humor, en ’n rolverdeling met topakteurs onder spelleiding van Tinarie van Wyk Loots, beloof dit om ’n hoogs vermaaklike teaterervaring te wees. Die teks is oorspronklik as leesteater voorgelê by die KKNK se Teksmark in 2023.

Lus vir iets anders?

Kroon en konfetti

Hierdie eksperimentele teaterstuk kombineer drie kragtige elemente: Kewpie se lewe en nalatenskap as danser en...

Dinner met Diek

Liewe ontvanger U word hartlik uitgenooi om my te aanskou by my verjaarsdagete. ’n Aand...

‘KUNS’

Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van...

Vlerksleep

Volgens die woordeboek beteken “vlerksleep” om by ’n meisie aan te lê, soos wat die...