Gratis

Gesin • 45 min.

St. Jude’s Anglikaanse Kerk

Datum(s)

1 April 2025, 10:00

2 April 2025, 15:30

4 April 2025, 15:30

5 April 2025, 10:00

Aardmoeder: ’n Uitvoerende tekening

MET Henk Serfontein en Hannah Loewenthal

Lyne, ’n wesenlike aspek van die menslike liggaam, word terselfdertyd subjektief beleef en objektief waargeneem. Subjektiewe lyne, soos klankgolwe en frekwensies, word deur sensoriese en motoriese prosesse beleef, terwyl objektiewe lyne soos are en bene waargeneem kan word. Aarlyne strek tot aan die vingerpunte van ’n mens se lyf, terwyl die skelet ’n interne tekening in been is.

’n Lyntekening is die handskrif van ’n kunstenaar. Vanuit die vingerpunte verleng die kunstenaar vlietende subjektiewe verbeeldings met lyne. Uit as, poeier en roet verskyn die merk op papier as die eerste oomblik wanneer die grens tussen subjektief en objektief verdwyn. Die onderbewuste word sigbaar as ’n lyn.

Omdat liggame beweeg in reaksie op die buitewêreld, is die liggaam se lyne objektief, buigsaam en dinamies. Beweging en dans word in die uitvoerende tekening die aktiewe uitoefening en vertolking van die subjektiewe bewuswording van klankgolwe.

Deur die artistieke model Aardmoeder keer op keer as ’n meditasie-oefening te ervaar, word die kyker tegelykertyd voorgestel aan die binneruim van die subjektiewe en die uiterlike van die objektiewe, terwyl die onderlinge verbondenheid met die aarde na die bewuste terugkeer, soos die grense tussen binne en buite vervaag. In hierdie uitvoerende tekening word ’n ekologiese reaksie op die ekologiese bewussyn voorgestel, soos vervat in Wilma Stockenström se gedig “Almoeder”. Die kontemporêre klassieke komponis Max Richter se “Recomposed: Vivaldi – The Four Seasons word as klankbaan gebruik.

Die kunstenaar Henk Serfontein en danser Hannah Loewenthal verweef ’n harmonieuse, kollektiewe bewussyn as ’n ekologiese reaksie op die aarde: ’n Tekening word gedans, ’n dans word geteken. Die onderbewussyn word intuïtief beleef terwyl die tipografie van die oerlandskap, soos beskryf in “Almoeder”, blootgelê word. Die kunstenaar en danser span hul ouditiewe sintuie in om die aarde se hartklop te beleef en te verbeeld.

Hierdie wedersydse interaksie tussen kunstenaar en danser word voortdurend herbesoek en gedekonstrueer op spesifieke tye deur die loop van die fees.

Lus vir iets anders?

Friends & I

’n Uitstalling van ons reis na behoort, deur kleur. Ons is ’n groep vriende van...

Genesis

Die roeping. 072 502 3232 • austanclaassen@gmail.com Instagram: austan.claassen

...

LANDscape[s]: Kunswerke van die MAPSA-versameling van kontemporêre kuns

Die uitstalling is ontwikkel in vennootskap met die Universiteit van die Vrystaat en is saamgestel...

Diepe grond: Klimaat- en ander veranderinge

Liza Grobler, die KKNK se nuwe kurator van visuele kuns, tree daagliks om 11:00 in...

AF