Gratis

Afrikaans • Gesin • 45 min.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Datum(s)

3 April 2025, 16:00

Kalahari-waarheid

MET Belinda Kruiper en Mvula Yoyo

Kalahari-waarheid is ’n verwerkte vertaling van Kalahari Rainsong wat handel oor die wedervaringe van Belinda Kruiper wat in 1997 begin werk het by die ontvangstoonbank van die Kgalagadi-oorgrenspark waar sy die San se vertroue gewen het en hulle met grondeise bygestaan het. Sy vertel kampvuurstories oor leeus, jakkalse en nimmereindigende duine aan Mvula Yoyo, ’n boorling van Victoria-Wes in die Noord-Kaap. Mvula is die voormalige transformasiebestuurder van Mediclinic Suidelike Afrika en ’n voormalige dosent aan die Fort Hare-Universiteit. Hy dien tans op die direksie van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans.

Lus vir iets anders?

Stories en avonture

Leon Coetzee was 60 toe hy die eerste keer op ’n motorfiets geklim het. Ná...

Die storie agter ‘Niggies’

In 1966 ruk die moord van twee 12-jarige niggies, Issie Fourie en Petro Nel, die...

RAU TEM en wat kon gewees het

Gert Coetzee, gesoute joernalis en voormalige redakteur van Volksblad, gesels oor sy roman Lens wat...

Die uitdagings om gemeenskapsargiewe te ontwikkel

Sluit aan vir ’n boeiende paneelbespreking waar verteenwoordigers van Karoo Kaarte, die GALA Queer Archive...

AF