R100 (vooraf) • R95 (Vriende van die KKNK) • R115 (by die deur)

Afrikaans • Gesin • 60 min.

Toekomsrussaal (Zebraweg)

Datum(s)

3 April 2025, 10:00

5 April 2025, 09:00

Tussen strome

MET Jaydin Abrahams en Charisa Esau TEKS EN REGIE Elton Louw VERHOOGBESTUURDER Errol Esau PRODUKSIEBESTUURDER Moeniel Jacobs KLANK- EN BELIGTINGSONTWERP Philip Botha VERVAARDIGER Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport

Ondersteun deur die Wes-Kaapse departement vir kultuursake en sport en die Baxter-teater.

Soms kruip pyn en seerkry agter die grootste glimlagte of sterk verbeeldingskrag weg. Tussen strome vertel die verhaal van die avonture van Blessing en Mossie, wat mekaar langs die Olifantsrivier naby die watergat ontmoet. Mossie wag vir die vis om te byt, terwyl Blessing vir sy pa wag. Vanweë verskeie gebeure bevind ons onsself in ’n opwindende verbeeldingswêreld met albei wat die tyd probeer omkry. Daar is egter iets onheilspellend tussen die twee wat duideliker word soos hulle mekaar beter leer ken. Gaan ’n vriendskap ontwikkel, of gaan die seerkry en pyn te veel wees om te oorkom?

Tussen strome was die wenproduksie van die DCAS Dramafees in 2023 en is ook bekroon vir beste regisseur en beste aktrise in ’n ondersteunende rol. Elton Louw, regisseur, is ’n boorling van Dysselsdorp in die Klein Karoo en sy 2020-toneelstuk, Die aasvoël, is gekies vir die Artscape Nuwe Stemme-program en verwerk tot ’n radiodrama vir RSG, onder regie van Denver Vraagom.

Lus vir iets anders?

Moord met ’n T

Die popmooi winkelassistent Leksie Pieterse se stinkryk vroetelpappie, Bakkies Barnard, sterf in haar bed. Bakkies...

KG Mokgadi: Weighing In – The Aftermath

Maak gereed vir iets om oor te lag met Kekkelkliniek se reeks stand-up-vertonings. Die Kanna-benoemde...

Stinkhout

Louw keer vanuit Londen terug na sy gesin se kleinhoewe ná die skielike dood van...

Kroon en konfetti

Hierdie eksperimentele teaterstuk kombineer drie kragtige elemente: Kewpie se lewe en nalatenskap as danser en...