R100 (vooraf) • R95 (Vriende van die KKNK) • R115 (by die deur)

Afrikaans • Gesin • 60 min.

Toekomsrussaal (Zebraweg)

Datum(s)

3 April 2025, 10:00

5 April 2025, 09:00

Tussen strome

MET Jaydin Abrahams en Charisa Esau TEKS EN REGIE Elton Louw VERHOOGBESTUURDER Errol Esau PRODUKSIEBESTUURDER Moeniel Jacobs KLANK- EN BELIGTINGSONTWERP Philip Botha VERVAARDIGER Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport

Ondersteun deur die Wes-Kaapse departement vir kultuursake en sport en die Baxter-teater.

Soms kruip pyn en seerkry agter die grootste glimlagte of sterk verbeeldingskrag weg. Tussen strome vertel die verhaal van die avonture van Blessing en Mossie, wat mekaar langs die Olifantsrivier naby die watergat ontmoet. Mossie wag vir die vis om te byt, terwyl Blessing vir sy pa wag. Vanweë verskeie gebeure bevind ons onsself in ’n opwindende verbeeldingswêreld met albei wat die tyd probeer omkry. Daar is egter iets onheilspellend tussen die twee wat duideliker word soos hulle mekaar beter leer ken. Gaan ’n vriendskap ontwikkel, of gaan die seerkry en pyn te veel wees om te oorkom?

Tussen strome was die wenproduksie van die DCAS Dramafees in 2023 en is ook bekroon vir beste regisseur en beste aktrise in ’n ondersteunende rol. Elton Louw, regisseur, is ’n boorling van Dysselsdorp in die Klein Karoo en sy 2020-toneelstuk, Die aasvoël, is gekies vir die Artscape Nuwe Stemme-program en verwerk tot ’n radiodrama vir RSG, onder regie van Denver Vraagom.

Lus vir iets anders?

kykNET: ‘Niggies’-aktivering 

In 1966 ruk die moord van twee 12-jarige niggies, Issie Fourie en Petro Nel, die...

‘KUNS’

Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van...

Ont-

Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed. Die Verteller staan...

Sohail Booise en Auntie Cheryl share the stage

Die kern van die storie vertel die verhaal van ’n alledaagse, normale middelklas-auntie op die...

AF