DEBUUT

R220 (vooraf) • R200 (Vriende van die KKNK) • R240 (by die deur)

Afrikaans • Gesin • 90 min.

kykNET Hoërskool Oudtshoornsaal (Jan van Riebeeckweg)

Datum(s)

1 April 2025, 19:00

2 April 2025, 13:00

3 April 2025, 16:00

Vlerksleep

MET Elma Potgieter, David James, Richard van der Westhuizen en Bertha le Roux-Wahl TEKS Peter Quilter REGIE, VERTALING EN VERWERKING Frans Swart OORSPRONKLIKE TITEL The Dating Game PRODUKSIEBESTUURDER Charl Senekal VERHOOGBESTUURDER Johan van de Reede ASSISTENTVERHOOGBESTUURDER Boksie Pretorius

Ondersteun deur Ambassador Execudrive, Britz Couriers & Removals, Feeste.net, Hollywood Costumes, LTickets.co.za, Lift lugredery, Mobilis Auto, RSG, Van Loveren en WS Pianos.

Volgens die woordeboek beteken “vlerksleep” om by ’n meisie aan te lê, soos wat die voëls (veral duiwe) hul vlerke sleep om die wyfies se aandag te kry vir so ’n ietsie lekkers! In hierdie komedie ontmoet ons vir Richard en Julia, albei in hul laat 50’s. Onlangs geskei. Beide is nou in die proses om te begin kyk na nuwe metgeselle deur op ’n aantal toe-oë-afsprake te gaan. Volg dié twee se eskapades deur ’n reeks onverwagte, eienaardige en wisselvallige romantiese probeerslae waar absoluut niks volgens plan verloop nie. Vlerksleep is ’n baie snaakse, vermaaklike komedie, wat na die skreeusnaakse, mal wêreld kyk van diegene wat hulle skielik in hul later jare weer op hul eie bevind en op soek is na ’n bietjie nuwe liefde. Die plesierboot is toe nou nie op pad na ’n romantiese sonsondergang nie, sy naam is eerder die Titanic . . .

Lus vir iets anders?

Kruispad, of die legende van die goue vis

’n Jong paartjie, Roland en Laura, klop een wintersnag aan by die huis van ’n...

Proscenium-dialoë: Groep 1

Agt dialoë wat ná afloop van die eerste Proscenium Dramakompetisie in 2024 vervaardig is, word...

Liefdesbriewe

Liefdesbriewe is ’n ontroerende en tydlose drama oor die lewenslange verhouding tussen twee karakters, Melissa...

kykNET: ‘Niggies’-aktivering 

In 1966 ruk die moord van twee 12-jarige niggies, Issie Fourie en Petro Nel, die...